Chloriet (mineralogie)

Die struktuur van cookiet, 'n chloriet wat litium bevat (in groen) in die oktaëdriese brusietlae.

Chloriete is 'n groep minerale wat geklassifiseer word as tri-oktaëdriese fillosilikate met 'n laagstruktuur wat lyk op mika s'n. Die algemene samestelling van die groep is (Mg,Fe,Al)6(Al,Si)4(OH)8 waarin isomorfiese vervanging gebruikelik in. Die (Mg,Fe,Al)-ione is in 'n oktaëdriese omringing, die (Al,Si)-ione in 'n tetraëdriese ene. Die verhoudings Fe/(Mg+Fe) en Al3+/Si4+ bepaal die tipe chloriet.

Die struktuur bestaan uit 'n 2:1:1 laagstruktuur waarin mika- en brusietlae afwissel. Die mikalaag het 'n negatiewe lading wat geneutraliseer word deur 'n positiewe lading in die brusietlaag. Die laagvolgorde is gewoonlik

waar die T-O'-T die tetraëdriese-oktaëdriese-tetraëdriese mika-lae voorstel

Die meeste (80%) chloriete het die 11b-politipe struktuur met 'n monokliene sel met parameters van ongeveer: a=5.33, b= 9.23, c.sinβ=14,2 Å en β=97 °. Die b-parameter varieer met die aantal Fe2+-ione in die oktaëdriese laag en die c-parameter met die Al3+/Si4+-verhouding in die tetraëdriese laag.[1]

  1. Dorothy Carroll Clay Minerals: A Guide to Their X-ray Identification, 1970, ISBN 0-8137-2126-1

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy